Oorstromings in Uganda eis 40
2011-08-31 21:00
Kampala - Minstens 40 mense in Uganda het in modderstortings gesterf en duisende moes uit hul huise vlug weens oorstromings wat die laaste weke 'n chaos in die land gesaai het, het die Ugandese Rooi Kruis Woensdag gesê.
Sowat 30 000 huishoudings met 'n gesamentlike bevolking van sowat 150 000 is deur die oorstromings in die ooste, weste en suidweste van die land ontwrig.
Enorme noodoperasies is onderweg om hulp aan die verplaaste mense te verskaf.
Benewens die huise wat verwoes is, is duisende hektaar landbougrond onder water gelê, terwyl tonne modder van berghellings afgespoel is.
Die 40 sterfgevalle was op die hange van die berg Elgon in die ooste van Uganda, waar enorme modderstortings vroeg in die week 'n paar klein dorpies begrawe het.
-Volg Nuus24 op
Twitter.
-DPA