'Ontvoerders sal spyt wees' – minister
2011-10-04 13:32
Nairobi – Kenia het Maandag gesê dat die ontvoering van die Franse vrou die afgelope naweek ‘n uitdaging deur Somalië se Islamitiese al-Shabaab-groep is wat die suksesvolle toerisme bedryf in Kenia wil bedreig.
George Saitoti, die minister van binnelandse veiligheid, het gewaarsku dat die ontvoerders “en enigiemand wat probeer om Kenia uit te daag ‘n groot fout maak en spyt sal wees.”
Gewapende mans het Saterdag die gestremde Marie Dedieu (66) in Manda ontvoer.
Vroeër vandeesmaand het gewapende mans ‘n Britse paartjie in ‘n oord aangeval. Die man is vermoor en die vrou ontvoer.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters