Ontvoerde dokter ‘doen goed’
2010-04-13 05:36
Madrid – ‘n Spaanse dokter wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontvoer is ‘doen goed’, maar nog geen vereistes vir sy vrylating is ontvang nie, het Spanje se minister van buitelandse sake Maandag gesê.
“Volgens inligting wat ons vanaf owerhede in Kongo ontvang het, doen hy tans goed,” het Miguel Angel Moratinos gesê.
“Daar was nog geen vereistes vir sy vrylating nie. Die Spaanse ambassadeur sal vandag (Maandag) na die ongewing gaan waar hy aangehou word.”
Mende Lambert, Kongo se minister van kommunikasie het verlede week gesê dat die dokter, Mario Sarsa, het op ‘n boot op die Kongo-rivier vakansie gehou, toe die boot vroeër hierdie maand deur Enyele-rebelle aangeval was.
- AFP