Ontvoerde Russiese vlieëniers vrygelaat
2010-08-31 12:56
Darfoer - Drie Russiese vlieëniers wat vermoedelik Sondag deur onbekende gewapende mans in Nyala, Suid-Darfoer, gekaap en ontvoer is, is vrygelaat.
Dit is die tweede keer in een maand dat buitelanders in die oorloggeteisterde Soedan ontvoer word.
Vroeër is berig dat slegs twee vlieëniers ontvoer is.
Die vlieëniers is uit Nyala, die hoofstad van Suid-Darfoer, ontvoer, het woordvoerder Sawarmi Khaled Saad gesê.
Volgens Saad is dié vlieëniers Maandagaand vrygelaat na onderhandelinge.
Dié vlieëniers het kos en ander noodsaaklike voorraad na Soedan vervoer as deel van 'n sending van die Verenigde Nasies in Soedan.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA