Ontvoerde Fransman se lyk in die Ivoorkus gevind
2011-06-03 20:56
Abidjan - Dit is bevestig dat die Franse direkteur van die Novotel-hotel in Abidjan, die Ivoorkus se kommersiële hoofstad, wat op 4 April ontvoer is, dood is, het sy familie se prokureur gesê.
Stephane Frantz di Rippel se lyk is gevind en word tans ondersoek, het Pierre-Olivier Sur, die prokureur, gesê. Hy het landros Patricia Simon as verwysing gebruik omdat sy die saak namens die Franse owerhede volg.
Die Novotel-kettingeienaar, Accor, het die dood ook bevestig.
Denis Hennequin, die hoofuitvoerende beampte, het in ‘n verklaring gesê hy “is diep geruk en geskok deur die moord.”
Gewapende mans het di Rippel en drie ander mense op 4 April uit die hotel ontvoer tydens botsings tussen die teenstaande politiese groepe.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP