Ontploffings ruk Tripoli
2011-07-17 09:15
Tripoli – Minstens 13 ontploffings is in die Libiese hoofstad, Tripoli, gehoor enkele ure nadat die land se leier, Muammar Gaddafi, weer gesê het dat hy as leier gaan aanbly.
Die land se staatsbeheerde televisie het intussen berig dat Navo-magte sedert vroeg vanoggend burgerlike- en militêre teikens bombardeer. Gaddafi het aan ondersteuners gesê dat hy nooit uit die land van sy voorvaders sal padgee nie.
Westerse en streekmagte het Vrydag opnuut 'n beroep op Gaddafi gedoen om sy amp ná meer as vier dekades neer te lê. Intussen sê die rebelle dat tien van hul lede dood en 172 gewond is in 'n aanval Saterdag op die olie-uitvoerhawe, Brega.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter