Ontploffing, skietery ruk Kano in Nigerië
2012-02-07 10:00
Kano – 'n Kragtige ontploffing gevolg deur 'n skietery het die polisiekantoor in Kano, in die noorde van Nigerië geruk, het die polisie en ooggetuies Maandag gesê.
Dit is die jongste aanval deur vermeende Islamitiese militante.
'n Verslaggewer van Reuters het die ontploffing en skietery gehoor, wat ná 'n uur steeds aan die gang was.
Ibrahim Idris, plaaslike polisiehoof, het bevestig dat gewapende mans die polisiekantoor aangeval het, maar het geen verdere inligting gehad nie.
Verlede maand is 186 mense in Kano dood in 'n dodelike aanval deur Boko Haram, 'n militante Islamitiese groep.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters