Ontploffing ruk nóg 'n Nigeriese stad
2011-12-25 13:35
Kano – 'n Ontploffing is op Kersdag naby 'n kerk in die sentrale Nigeriese stad Jos gehoor, het inwoners gesê.
Dít volg nadat 'n ontploffing by 'n kerk in Abuja die lewens van minstens 15 mense geëis het.
"Daar was 'n ontploffing in die Rikkos-gebied van die stad naby 'n kerk waar aanbidders 'n kerkdiens bygewoon het," het David Pam, 'n inwoner, gesê.
"Dit is nie bekend of die kerk die teiken van die aanval was nie."
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP