Ontploffing ruk Somaliese vlugtelingkamp
2012-01-19 19:57
Mogadisjoe – Die leier van ‘n vlugtelingkamp in die Somaliese hoofstad sê ‘n plofbare toestel het in haar kamp ontplof kort nadat buitelandse joernaliste en beamptes van die Verenigde Nasies (VN) die plek besoek het.
Twee Somaliërs het in die ontploffing gesterf.
Yasmin Ali, organiseerder van die kamp, sê een vlugteling en een Somaliese soldaat is in Donderdag se ontploffing dood.
Joernaliste van internasionale agentskappe soos The Associated Press, AFP, BBC en die Spaanse koerant El Pais was op ‘n een dag lange besoek aan Mogadisjoe.
Die ontploffing het plaasgevind sowat 20 minute nadat die joernaliste die kamp verlaat het.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP