Ondersoek kom ná lugaanval in Somalië
2011-11-02 08:38
Nairobi – Die premier van Kenia het Dinsdag gesê sy regering sal ondersoek instel om vas te stel of enige burgerlikes dood is tydens die militêre inval in Somalië ná aantygings deur die internasionale Rooi Kruis.
Die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis (IKRK) het Dinsdag weer begin om voedselhulp aan meer as 6 000 mense in ‘n kamp in die suide van Somalië te verskaf, ‘n dag nadat Dokters Sonder Grense gesê het dat vyf mense dood en 50 beseer is tydens ‘n lugaanval in die omgewing.
Raila Odinga, die Keniaanse premier, het gesê dit sou tragies wees as enige burgerlikes tydens Kenia se soektog na die al-Shabaab-rebelle dood is.
Die Keniaanse weermag het erken dat ‘n lugaanval Sondag uitgevoer is, maar het die sterftes op die rebelle blameer.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP