Onbekende perdesiekte tref Namibië
2011-06-14 23:09
Kaapstad - Reeds meer as 10% van Namibië se perde het die jaar aan ’n onbekende soort siekte gevrek, het die Republikein Dinsdag berig.
Volgens 'n dokter in Namibië, dr. Wolfgang Späth, is dit die grootste epidemie van die aard wat die land nog getref het en het hy reeds meer as 1 000 perde net van die Khomasstreek in die sentrale deel van die land in die laaste paar maande behandel.
Intussen het dr. Cleophas Bamhare, die waarnemende hoofveearts van die Ministerie van Landbou, Water en Bosbou, gesê hy glo dat die omvang veel groter kan wees, maar mense versuim om dit aan te meld.
Lees verder.
- Republikein