Olifanttande by hawe in Zanzibar gevind
2011-08-25 10:00
Dar es Salaam – Tanzaniese owerhede het Woensdag op meer as ‘n 1 000 olifanttande beslag gelê wat by ‘n hawe in Zanzibar in sakke gedroogte vis versteek was.
Altesaam 1 041 olifanttande is in ‘n houer gevind saam met 114 sakke gedroogde sardiens wat vir uitvoer bestem was.
Twee verdagtes is reeds in hegtenis geneem en word tans ondervra, het Mohammed Mhina, ‘n polisiewoordvoerder, gesê.
“Ons is nog nie seker hoeveel die olifanttande weeg nie, maar beamptes van Interpol in Dar es Salaam het gekom om die saak te ondersoek.”
Mhina het gesê die dokumente van die houer dui daarop dat die vrag na Maleisië onderweg was.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters