Olietransaksies in Uganda opgeskort
2011-10-12 11:00
Kampala – Die parlement in Uganda het gestem om alle nuwe transaksies in die oliesektor op te skort oor bewerings dat ministers omkoopgeld aanvaar het.
Gerald Karuhanga, 'n LP, het in die parlement gesê dat Tullow Oil, wat in die Verenigde Koninkryk gebaseer is, omkoopgeld aan ministers betaal het om besluite te beïnvloed.
Tullow het die bewerings as "verregaande en lasterlik" afgemaak.
Die stem is volgens ontleders 'n groot slag vir pres. Yoweri Museveni wat sedert 1986 aan bewind is.
Die regering sal eers wetgewing oor petroleum moet vasstel voor nuwe olietransaksies onderteken kan word.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter