Nuwe koerante vir Zim goedgekeur
2010-05-28 13:21
Kaapstad – Zimbabwiese aktiviste vir vryheid van spraak vier ‘n deurbraak in persvryheid nadat die eenheidsregering lisensies aan vier nuwe daaglikse koerante toegeken het.
Die koerante wat lisensies gekry het, sluit Zimbabwe se Daily News in wat in 2002 deur president Robert Mugabe se regering verban is.
Die nuwe koerante sal die eerste koerante is ses jaar wees wat deur private maatskappye besit word.
Trevor Ncube, een van suidelike Afrika se grootste uitgewers, het aan CNN vertel dat die goedkeuring van dié lisensies wonderlike nuus is en ‘n geleentheid vir verandering bied.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.