Nuwe hartlaboratorium in Namibië sorg vir deurbrake
2011-11-04 21:05
Windhoek – ’n Jong meisie wat altyd in en uit hospitale was, was die eerste pasiënt by die Katolieke hospitaal se nuwe kardiokateterisering-laboratorium, óf in spreektaal bekend as ’n cath-lab, wat onlangs in Namibië geopen is, het die Republikein berig.
Die verwikkeling simboliseer die voltooiing van die hospitaal se harteenheid.
Diana Billy, die ma van die pasiënt Paula Shifeni (8), het gesê haar dogter het ’n gat in haar hart en die dokters hoop om dit teen volgende maand te herstel.
Die laboratorium is die nuutste hulpmiddel in die diagnostiese prosedures en behandeling wat op kinders en volwassene met hartsiektes gedoen word.
Dr. Christopher Hugo-Hamman, pediatriese kardioloog het gesê die laboratorium wat met die nuutste tegnologie toegerus is, stel dokters in staat om die versperring van bloedvloei rondom die hart en gate in die hart met gesofistikeerde apparate te kan herstel.
– Lees die volledige artikel op die Republikein.
– Volg Nuus24 op Twitter.