'Nuwe begin' vir Kenia ná referendum oor grondwet

2010-08-06 08:59
Tweets Share Share line Print

Beeld

Nairobi. – “’n Nuwe dag het vir Kenia aangebreek,” sê Uhuru Kenyatta, seun van wyle pres. Jomo Kenyatta, die man wat dié land tot onafhanklikheid gelei het.

Die jong Kenyatta het die oorwinning van die ja-stem (69%) in eergister se referendum oor ’n nuwe grondwetlike bestel ook as die “geboortedag van Kenia se Tweede Republiek” bestempel.

Die vrede en die orde wat in die referendum geheers het, het Donderdagaand nog gehou. Daar is egter reeds tekens dat die debat en die gevolglike onderliggende spanning oor die nuwe grondwet nie verby is nie.

Hoewel William Ruto, leier van die verslane nee-kamp (31%), sy nederlaag “in belang van die hele Kenia” aanvaar het, eis hy dat die oorblywende geskille oor die nuwe grondwet “dringend” heroorweeg word.

“Meer as 30% van die 12,2 miljoen geregistreerde kiesers het teen die grondwet gestem. Tussen 35% en 40% van kiesers het buite stemming gebly.

Dit beteken dat die grondwet net deur ’n minderheid bekragtig is,” het Ruto, een van vyf kabinetslede wat ’n nee-stem bepleit het, aangevoer.

Die stempersentasie word op 58% geraam.

Ruto het hom in die veldtog toegespits op die plofbare Groot Rif-provinsie, die enigste van agt provinsies waar die nee-stem (73% teenoor 27%) gewen het. Geweld het in drie van die afgelope vier verkiesings in dié provinsie uitgebreek.

Met die Rif-provinsie (met 3,2 miljoen kiesers) as basis het Ruto Donderdag aangedui dat hy hom in 2012 as presidentskandidaat beskikbaar gaan stel.

Aangesien pres. Mwai Kibaki voor 2012 gaan aftree, is Ruto volgens ontleders nou premier Raila Odinga se sterkste teenstander. Waarnemers sê die jong Kenyatta is ook gereed om hom verkiesbaar te stel.

Prof. Yash Pal Ghai, wat betrokke was by die skryf van die nuwe grondwet, het gesê dis onvermydelik dat die geskille wat in die referendum na vore gekom het – grondeienaarskap, aborsie en Islamitiese howe – die politieke debat tot die verkiesing in 2012 sal oorheers.

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: kenia  |  referendums

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... Penelope, jy moet daarom besef, Suid-Afrika is in die proses om 'n provinsie van Sjina te word... Een van die dae sal Mandaryns ook as 'n skoolvat bygevoeg word ... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Human Capital Tax (Expatriate tax)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 1.8 Sport
2005
R 199,995.00

FORD

Fiesta 1.6i RSi 3-dr
2001
R 54,300.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.