Nuwe Zim-koerant sien 1ste uitgawe
2010-06-04 16:52
Harare – Die eerste uitgawe van ‘n nuwe onafhanklike daaglikse koerant is Vrydag in Zimbabwe gepubliseer.
Die publisering hiervan word as ‘n goeie teken van minder streng beperkings op die media deur die regering beskou.
The News Day is die eerste private dagblad in Zimbabwe sedert 2003 toe die regering die koerant The Daily News verban het.
The Daily News was ‘n gewilde koerant wat bekend was vir kritiek van president Robert Mugabe se regering.
Die eerste uitgawe het ‘n berig oor die sentrale bank wat beplan om sowat 3 000 van hul werknemers af te dank as hoofstorie gehad.
Volgens The News Day bied die publikasie ‘n geleentheid vir burgers om met mekaar te praat in ‘n oop en eerlike wyse.
Volgens die koerant sal hulle die nuus aan Zimbabwiërs berig wie se stemme deur “propaganda verdrink is”.
Zimbabwe se nuwe gestigte media kommissie het lisensies aan vier nuwe private dagblaaie uitgereik.
Die hervorming van die media is deel van die koalisie-regering se ooreenkoms tussen Mugabe en die primier Morgan Tsvangirai.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP