Nuwe Geboense kabinet maak reg vir stem
2009-07-23 17:04
Libreville, Gaboen- Gaboen se nuwe premier, Biyoghe Mba, het sy nuwe kabinet, wat die regerendeparty se presidensiële kandidaat, Ali Ben Bongo insluit, saamgestel.
Ali Bongo is die seun van oorlede president Omar Bongo Ondimba. Eersgenoemde is sedert 1999 die land se minister van verdediging en is ook ‘n kandidaat vir die Gaboenese Demokraties Party (PDG). Sy pa was 41 jaar lank die leier van dié party.
Dié nuwe kabinet, wat laat Woensdagmiddag aangekondig is, sluit nie politieke grootkoppe soos Andre Mba Obame and Casimir Oye Mba in nie.
Die land se nasionale verkiesingskommissie (CENAP) sê hulle het minstens 30 aansoeke vir kandidaatskap vir die verkiesing wat op 30 Augustus sal plaasvind ontvang.
Hulle beoog om suksesvolle kandidate laat Donderdagmiddag aan te kondig.
- Sapa