Nuwe Burkina Faso-premier beloof 'oopkop-regering'
2011-04-21 10:24
Ouagadougou - Luc Adolphe Tiao, die nuwe premier van Burkina Faso, het Woensdag belowe dat sy regering “oopkop” sal wees en sal werk om gewapende magte en die bevolking tevrede te stel.
“Ons sal ‘n oopkop-regering skep en gaan saam met bekwame mense werk,” het Tiao gesê.
Blaise Compaore, die president, het Tiao, ‘n joernalis sonder enige vorige regeringsondervinding, Maandag aangestel om ‘n einde aan gewelddadige betogings te bring.
Tiao het gesê dat bekwaamheid, onbaatsugtigheid en nasionale en algemene belange sal die hart van sy regering wees.
Compaore, wat tydens ‘n staatsgreep in 1987 mag oorgeneem het, is in die afgelope twee maande deur ‘n reeks betogings uitgedaag.
Dié betogings sluit ‘n chaotiese opstand deur die weermag in, sowel as betogings deur studente teen die polisie, waartydens talle gedood is.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP