Nou dreig Uganda met betogings
2011-02-12 19:31
Kampala – Lede van die opposisie in Uganda dreig met betogings soortgelyk aan dié wat in Egipte plaasgevind het indien stemknoeiery in aanstaande week se presidentsverkiesing sou voorkom.
Die Ugandese president, Yoweri Museveni hoop om sy 25-jaar lange bewind te verleng en na verwagting sal hy vir 'n verdere termyn verkies word.
Sy grootste teenstander Kizza Besigye sê egter die stemmery is reeds in wese gebrekkig weens omkopery.
Ontleders sê enige opstande sal met mening deur die polisie en weermag onderdruk word.
Museveni wat in 1986 as hoof van die guerilla-leër aan bewind gekom het, is voorheen daarvan beskuldig dat hy ontevredenheid onderdruk en beperkings op presidensiële termyne ophef.
Sewe kandidate staan hom teë in Vrydag se verkiesing wat slegs die tweede veelparty-verkiesing in 30 jaar is.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter