Noorweërs kry moontlik doodstraf
2009-09-08 17:38
Oslo – Twee mans van Noorweë is in die Demokratiese Republiek van die Kongo tot die doodstraf gevonnis nadat hulle hul bestuurder vermoor het, het die Noorweegse media berig.
Die hof in Kinshasa het beide beskuldigdes sowel as Noorweë se staat bevel om $60 miljoen (R452 miljoen) skadevergoeding aan Kongo se staat uit te betaal.
Jonas Gahr Stre, Noorweë se minister van buitelandse sake, het protes aangeteken teen die hof se uitspraak.
“Ons is uit beginsel teen die doodstraf gekant,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat diplomate hard aan die werk is om die mans vry te kry.
Amptenare het hom verseker dat die mans nie die doodstraf gaan kry nie, het hy gesê.
Die 28-jarige Tjostolv Moland en die 27-jarige Joshua French, het vir ‘n privaat sekuriteitsfirma in die Kongo gewerk.
Hulle het gesê dat hul bestuurder dood is toe die motor deur gewapende rowers aangeval is.
Hulle is in hegtenis geneem nadat hulle probeer ontsnap het en het hulleself identifiseer as die Noorweegse weermag.
- Sapa-dpa