Noodtoestand in Tunisië word wéér verleng
2011-11-30 13:09
Tunis – Tunisië het die noodtoestand in dié land tot die einde van die jaar verleng, het 'n nuusagentskap berig.
Fouad Mebazza, die tussentydse president, het ‘n dekreet geteken wat vandeesweek in die regering se register gepubliseer sal word, het die Tap-agentskap berig.
Die noodtoestand is aanvanklik aangekonding toe betogings in die strate handuit geruk het ná pres. Zine El Abidine Ben Ali se regime in Januarie tot ‘n val gekom het.
Daar is nie spesifieke redes in die berig vir die verlenging van die noodtoestand gegee nie, maar in die afgelope paar maande het Tunisië gebuk gegaan onder ‘n vlaag van geweld.
Dit sal die vierde keer wees dat die noodtoestand verleng word sedert Ben Ali na Saoedi-Arabië gevlug het tydens die opstand in sy land.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP