Nóg mense dood na brand in Kenia
2011-09-15 08:02
Nairobi – Nóg sewe mense het in Kenia aan hul beserings beswyk ná Maandag se tragedie toe 'n pypleiding in 'n krotbuurt in Nairobi ontplof het, berig RSG.
Die amptelike dodetal van die Keniaanse Rooikruis staan nou op 97 terwyl minstens nóg 71 mense vermis word.
Kenia het twee dae van rou uitgeroep.
Volksblad het vroeër berig dat die brand begin het nadat brandstof uit ’n brandstoftenk by ’n depot, wat aan die Kenya Pipeline Company behoort, in ’n oop rioolkanaal gelek het, het Charles Owino, ’n polisiewoordvoerder, gesê.
Dié kanaal vloei deur die krotbuurt.
Krotbewoners het die brandstof in die rioolkanaal probeer opskep, maar hulle het verbrand toe iemand ’n sigaretstompie in die riool gegooi het.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter.