Nóg 3 massagrafte in Soedan gevind
2011-08-19 10:38
Nairobi – Nuwe satelietfoto’s en verslae van ooggetuies dui op die ontdekking van drie nuwe massagrafte in die suide van Soedan.
Die Satellite Sentinel-projek het Woensdag beeldmateriaal vrygestel van twee hope lyke wat in sakke of seile toedraai is in Kadugli, die hoofstad van Suid-Kordofan.
Soedan se Arabiese weermag is gereeld in die omgewing in gevegte betrokke met swart stamlede lojaal teenoor die nuut onafhanklike Suid-Soedan.
Die groep het gesê ‘n ontleding van die foto’s dui daarop dat van die regering se magte probeer om ‘n derde massagraf onder ‘n watertenk te versteek.
John Prendergast, ‘n aktivis, het gesê bewyse van oorlogsmisdade deur die Soedannese regering is besig om meer te word.
Die regering van Kartoem het tot dusver alle aantygings ontken.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP