Nigeriese weermag skiet vermeende sektelid dood
2011-07-27 13:51
Kano – Soldate wat op patrollie in Maiduguri in die noord-ooste van Nigerië was, het ‘n vermeende lid van ‘n Islamse sekte doodgeskiet tydens ‘n skietgeveg, het die weermag gesê.
“Twee vermeende lede van Boko Haram was in ‘n skietgeveg met ‘n militêre patrollie in die Gomori-omgewing betrokke. Een van die aanvallers is doodgeskiet,” het Hassan Isijeh Mohammed, ‘n woordvoerder, gesê.
Die tweede aanvaller het tydens ondervraging gevlug, het hy gesê.
Inwoners het gesê hulle het vinnig uit die omgewing padgegee omdat hulle bang was die soldate sal hulle ook aanval.
Weermaglede word daarvan beskuldig dat hulle plaaslike inwoners die afgelope paar weke aanval tydens hulle soektogte na Boko Haram-lede.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP