Nigerië- strate weer skoon
2009-08-01 13:55
Maiduguri, Nigerië- Inwoners van die Nigeriese stad van Maiduguri het dit Saterdag weer buite hul huise gewaag, ná honderde lyke van die slagoffers van onruste hiér, van die strate verwyder is.
Die regering en departement van gesondheid het Saterdag die laaste lyke, waarvan sommige vir dae lank in die straat gelê het, verwyder.
"Mense is weer buite en begin met hulle lewens aangaan. Die lyke wat deur die strate verstrooi was is almal verwyder”, het Aliiyu Maikano van die Nigeriese Rooikruis-rampbestuur aan Reuters gesê.
Minstens 300 mense is die afgelope paar dae, tydens geweldadige betogings in die noorde van Nigerië, doodgemaak.
Die owerhede hoop dat die dood van Mohammed Yusuf, die leier van die radikale Islamiete die einde van geweld sal beteken.
-Reuters