Nigerië se teenkorrupsiehoof afgedank
2011-11-24 10:19
Londen – Die Nigeriese president, Goodluck Jonathan, het die hoof van die land se teenkorrupsie-agentskap, die Kommissie vir Ekonomiese en Finansiële Misdade (EFCC), afgedank.
Farida Waziri se afdanking as hoof van die EFCC is ‘n poging om “die stryd teen korrupsie te hernu,” het Jonathan se woordvoerder, Reuben Abati, gesê.
Haar voorganger, Nuhu Ribadu, is halfpad deur sy ampstermyn in 2007 afgedank.
“Die afdanking van die hoof van die EFCC is deel van president Jonathan se poging om die stryd teen korrupsie met hernude ywer aan te pak,” het Abati gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.