Nigerië se Boko Haram-leier vas
2011-12-19 12:02
Kano, Nigerië - Een van die leiers van die Nigeriese Islamitiese militante groep, Boko Haram, is in hegtenis geneem ná ’n skietery in die stad Kano, het polisie gesê.
Muhammed “Hamza” Aliyu is gevang toe hy probeer het om uit die stad te vlug, berig die BBC.
Boko Haram, wat beteken “Westerse onderrig word verbied”, is verantwoordelik vir talle skietaanvalle die afgelope jaar in die noord-ooste van Nigerië.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter