Nigerië: Twee doodgeskiet in huis
2011-10-06 13:40
Jos – Twee mense is deur onbekende aanvallers doodgeskiet in ‘n aanval in Nigerië se Plateau-staat, het ‘n regeringswoordvoerder gesê.
Die aanvallers het Dinsdagaand twee inwoners van ‘n huis in Tanjol, Riyom doodgeskiet, het ‘n ooggetuie gesê.
Yiljap Abraham, ‘n regeringsbeampte van die Plateau-staat, het die aanval bevestig en gesê dat die polisie reeds nege verdagtes in verband met die voorval in hegtenis geneem het.
“Ek kan bevestig dat daar ‘n aanval was. Veiligheidsfirmas het gereageer en kon die aanvallers verjaag,” het hy gesê.
“Die spesiale taakmag het nege mense in verband met die aanval in hegtenis geneem. Hulle is aan die polisie oorhandig vir verdere ondervraging en moontlike vervolging.”
Die rede vir die aanval is nog onbekend.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP