Nigerië: Stakende oliewerkers kan VSA drasties raak
2012-01-12 22:52
New York – Oliepryse het Donderdag skerp gestyg, met stakende oliewerkers wat gedreig het om olieproduksie in Nigerië te staak.
Nigerië is die vyfde grootste olie-uitvoerder na die VSA en ‘n sluiting sal Amerikaanse raffinaderye dwing om 630 000 vate ru-olie per dag te vervang.
Nigeriese werkers, wat met betogings begin het sedert die regering brandstof-subsidies afgeskaf het, beplan om van Sondag af op te hou met olieproduksie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AP