Nigerië: Situasie steeds vlambaar

2012-01-17 07:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria – ’n Gespanne stilte het Maandag in Nigerië geheers met die aanbreek van die tweede week van geweld oor die afskaffing van brandstofsubsidies.

Buitelanders is deur sekuriteitskenners daar gemaan om twee keer te dink voordat hulle die land besoek aangesien vlugte na en van veral Lagos “sporadies” is.

Nigeriese burgers in Suid-Afrika het terselfdertyd gister na die land se ambassade in Pretoria gemarsjeer om die brandstofprobleem, sowel as die regering se beweerde onvermoë om die bedreiging deur Moslem-ekstremiste vas te vat, in die kollig te plaas.

Volgens Chidozie Ejimadu, sekretaris-generaal van die Imo-vereniging van Nigeriese organisasies in Suid-Afrika, is die tekortkominge van die regering om bedreigings en korrupsie die hoof te bied, onhoudbaar.

Meer as 40 mense is op Kersdag verlede jaar dood nadat die terreurgroep Boko Haram kerke en Kers-byeenkomste aangeval het.

’n Swaar militêre teenwoordigheid was Maandag in die strate en toevoerroetes na Lagos sigbaar met padversperrings op dié roetes en by vergaderplekke van oproeriges.

“Ons bly steeds uit die strate uit en probeer so min moontlik rondbeweeg,” het ’n veiligheidspesialis van Suid-Afrika, wat in Lagos werk, gesê. “Almal wag nou om te sien hoe die vakbonde reageer op die president se toespraak op televisie,” het hy gesê.

Voor die staking is die stad se inwoners gemaan om genoeg kos en voorrade te koop sodat hulle nie winkels toe hoef te gaan nie.

Pres. Goodluck Jonathan het in ’n uitsending vir die volk aangekondig dat hy die brandstofprys sal verlaag. Die onluste het juis uitgebreek nadat die regering die brandstofsubsidies afgeskaf het.

Dit sou beteken dat die prys meer as verdubbel het. Jonathan het gesê die regering gaan die verhoging halveer.

Verskeie mense is reeds die afgelope week in die onluste dood.

Volgens die Suid-Afrikaner is die betogers in die stad lugtig nadat ’n gerug die rondte gedoen het dat die polisie opdrag het om van vandag af op hulle te skiet. “Ironies genoeg was daar verskeie voorvalle waar gewone misdadigers die situasie uitbuit. Hulle keer motoriste voor en beroof hulle dan van hul besittings as die motoriste nie vir hulle wil geld gee nie.

“Lagos is nie tans ’n lekker plek om te bly nie,” het hy gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: nigerië  |  stakings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Navorser sê... Siestog??? Intussen word one EIE mense met panga's opgekap, en ons mag nie daarop reageer nie. 'n 5 Jarige dogter is stom na die wreede moord op haar pa, maar ons moet reageer op ONWETTIGES wat in "nood" verkeer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

Elantra 1.6 GLS AT MY98
2002
R 72,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2010
R 219,995.00

TOYOTA

Hilux 2700i D-Cab Raider LWB RB MY02
2007
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.