Nigerië: Nóg polisie om geweld te onderdruk
2011-09-19 10:02
Jos – Sowat 1 300 lede van Nigerië se onluste-polisie is in die geweldgeteisterde Plateu-staat ontplooi om onrus en sektariese geweld te onderdruk, berig RSG.
Bykomende weermag-, lugmag- en vlootsoldate sal ook gedurende die week ontplooi word, het kapt. Charles Ekeocha gesê.
Die hernieude geweld tussen Moslems en Christene in die stad Jos is 'n groot uitdaging vir die regering van president Goodluck Jonathan.
Jonathan het Maandag sy hoof van verdediging beveel om alles in sy mag te doen om die onluste tussen die Moslems en die Christene in Nigerië te stop.
Die weermag het gesê die toenemende onbestendigheid vereis 'n verandering in die benadering tot die geweld.
Honderde mense is die afgelope jare in sektariese geweld in Nigerië dood.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP