Nigerië: Een sterf toe jeugdiges gebou brand
2012-01-11 22:51
Kano, Nigerië – Honderde Nigeriese soldate het op ‘n stad in die noorde van die land toegesak nadat ‘n groep jongmense in die stad amok gemaak het.
Daniel Sheshere, ‘n regeringsamptenaar, sê ‘n 24-uur klokreël is in die Niger-staat ingestel ná die geweld in die hoofstad Minna.
Jongmense het Woensdag die plaaslike verkiesingskommissie se hoofgebou aan die brand gesteek. Een polisie-inspekteur wat wag gehou het by die gebou is in die brand dood.
Die staatsgoewerneur moes per helikopter uit sy huis ontruim word nadat sy woning ook aangeval is.
Betogings oor verhoogde brandstofpryse en korrupsie het gewelddadig begin raak in stede oor Nigerië die afgelope week.
Dit volg nadat die regering vroeër die maand die ongewilde besluit geneem het om ‘n subsidieprogram te beëindig wat brandstofkoste laag gehou het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP