Nigerië: Bom ruk verkiesingskantoor
2011-04-08 23:00
Abuja – ‘n Ontploffing het die verkiesingskantoor in
sentraal-Nigerië geruk op die vooraand van parlementêre verkiesings in die
land.
“Daar was ‘n ontploffing by ons kantoor in
Suleija,” het ‘n woordvoerder vir die verkiesingskommissie, Kayode Idowu, gesê.
Die ontploffing is deur ‘n polisiewoordvoerder
bevestig, maar geen verdere inligting was beskikbaar nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA