Nigerië: Bendes steek huise aan die brand
2010-04-12 19:47
Jos, Nigerië – Vermeende Moslem-bendes het huise in ‘n Christen-dorp, naby die Nigeriese stad Jos aan die brand gesteek.
Dié stad is die afgelope jaar gekenmerk deur aanvalle wat honderde mense reeds doodgelaat het.
Daar word beweer dat etniese Fulani-aanvallers die huise van drie hoë beamptes geteiken het, het inwoners gesê.
Die aanvallers was glo uit om moord te pleeg. Hulle wou die huise aan die brand steek, en dan wag totdat die mense uit hul huise vlug, om hulle te vermoor.
Die inwoners van die huise, wat van betonblokke en sinkdakke gebou is, het eers gewag die aanvallers moes vlug, voordat hulle uit hul huise gekom het.
Twee gewese senior regeringebeamptes en die broer van ‘n plaaslike voorsitter van Jos se plaaslike regering was geteiken gewees, het inwoners gesê.
- Vir die volledige storie besoek iol