Niger stel tussentydse premier aan
2010-02-25 00:31
Niamey - Die nuutgevormde militêre junta in Niger het ‘n burgerlike eerste minister aangestel, tot en met ‘n nuwe president verkies kan word.
Pres. Mamadou Tandja is verlede week tydens ‘n staatsgreep van sy amp onthef.
Mahamadou Danda (59), wat minister van informasie was in ‘n vorige regime, is as eerste minister aangestel.
Geen datum vir die komende verkiesing is egter bekendgemaak nie.
Gewapende soldate het verlede week die presidensiële paleis bestorm en president Mamadou Tandja (71) ontvoer.
Die staatsgreep word geblameer op die omstrede verlenging van Pres. Tandja se termyn as president van Niger.
- Sapa