Nestlè koop nie meer by Mugabe
2009-10-02 02:23
Johannesburg – Nestlè het aan AfriForum belowe om vanaf die vierde Oktober, glad nie meer melk by Grace Mugabe te koop nie, het Sullivan O’Carroll, besturende direkteur van Nestlè Suidelike Afrika gesê.
AfriForum het ‘n veldtog, www.nestlebloodmilk.com, geloods wat verbruikers aanmoedig om dié produk te boikot.
Aangesien Nestlè besluit het om op te hou besigheid doen met Mugabe, sal AfriForum egter nie die veldtog voortsit nie.
Kallie Kriel, hoof-uitvoerende beampte van AfriForum, het Nestlè se besluit verwelkom.
Hy is van mening dat dit te danke is aan duisende mense wat bereid was om hul misnoeë met Nestlè uit te spreek.
“Dit bewys dat gewone verbruikers die mag het om geregtelikheid te laat geskied,” het hy gesê.
- Sapa