Nege vredebewaarders sterf in aanval
2009-09-17 19:23
Kampala - Nege vredebewaarders is dood toe tydens 'n selfmoordaanval deur Islamitiese rebelle op hoofkwartierevan die Afrika Unie in Mogadisjoe.
"Nege soldate is dood, maar ons weet nog nie hoeveel is van Burundi en hoeveel is Ugandese nie," het 'n beampte op die toneel gesê.
Die Islamitiese groep Shebab baklei om 'n oorgangsregeringwat deur pres. Sharif Sheikh Ahmed gelei word, tot 'n val te bring.
– Sapa-AFP