Nege immigrante sterf ná boot sink
2010-06-09 03:37
Maputo – ‘n Boot wat onwettige immigrante van Somalië vervoer het, het op die kus van die noorde van Mosambiek gesink en nege mense se lewens geëis, terwyl 40 ander steeds vermis is, het die staatsmedia Dinsdag gesê.
Reddingswerkers het 33 ander passasiers uit die see gered, ná Maandag se ongeluk, het die AIM nuusagentskap aangekondig.
Die ongeluk het op die kus van Cabo Delgado provinsie, sowat 200 kilometer van die grens met Tanzanië, plaasgevind.
Volgens polisie was al die passasiers onwettige immigrante wat van Somalië afkomstig was.
“Daar word hard gewerk om die liggame van die vermiste persone op te spoor,” het polisie-woordvoerder Pedro Cossa gesê.
Mosambiek is ‘n gewilde deurgangspunt vir onwettige immigrante op pad na Suid-Afrika.
Polisie in Mosambiek het 618 onwettige immigrante in die laaste week gevange geneem.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP