Nederlandse soldate skiet 2 seerowers dood
2011-04-04 13:42
Amsterdam - Nederlandse vlootsoldate het twee Somaliese seerowers doodgeskiet en talle beseer tydens ‘n geveg in ‘n poging om ‘n vissersboot in die Golf van Aden te bevry, het die Volkskrant berig.
Sestien seerowers is in hegtenis geneem na die skietgeveg Sondag.
Die seerowers het glo losgebrand toe vlootsoldate aan boord van die HMS Tromp probeer het om 'n vissersboot te help nadat die seerowers die boot gekaap het.
Die Tromp het in die Golf van Aden gepatrolleer as deel van die Europese Unie se teen-seerowers sending Atalanta.
Tien van die seerowers wat gearresteer is, is reeds aangekla oor hulle seeverkeer in gevaar stel en ontvoering, volgens ‘n hof in Duitsland.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA