Burgerlikes sal ly onder verskerpte Navo-aanvalle, sê minister
2011-07-07 10:47
Tripoli – ‘n Senior Libiese amptenaar beskuldig Navo daarvan dat hy sy bomaanvalle op dié land verskerp het in ‘n poging om die weg na die hoofstad vir rebelle oop te maak.
Khaled Kaim, die adjunk-minister van buitelandse sake, het Donderdag beweer dat die alliansie se swaarder aanvalle die “finale fase” van sy veldtog verteenwoordig.
Hy reken egter dit sal misluk, en dat burgerlikes die grootste slagoffers sal wees.
Kaim het ook gesê dat die Libiese regering bewyse het dat Colombiaanse huursoldate deur die Weste betaal word. Dié soldate het glo by die rebelle aangesluit om van Misrata af na die hoofstad, Tripoli, te begin beweeg.
Navo het sy lugaanvalle teen Libië in Maart begin.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP