Navo skiet op Gaddafi-oorlogskepe
2011-05-20 11:02
Brussel – Navo-vliegtuie het op agt oorlogskepe van Muammar Gaddafi se magte geskiet, het die Atlantiese alliansie in ‘n verklaring gesê.
Volgens die verklaring het Navo die skepe laat Donderdagaand in die hawens van Tripoli, Libië, getref.
Pres. Barack Obama het intussen gesê hy voorspel dat die Libiese leier “onvermydelik” sal uittree of uit sy amp geforseer sal word.
Owerhede in Tripoli beskryf Obama se kommentaar as “waansinnig.” Hulle het ook ten sterkste ontken dat Gaddafi se vrou en dogter, luidens berigte, na Tunisië gevlug het.
Owerhede het ook ontken dat Shukri Ghanem, die Afrikaland se minister van olie, bedank het.
Navo sê hulle het hul aanvalle teen Gaddafi-magte voorgesit en oornag op dié magte se oorlogskepe geskiet. Die alliansie het bygevoeg dat hulle agt skepe getref het.
Ontploffings is vroeg Vrydagoggend, enkele ure ná die lugaanvalle, weer in die Libiese hoofstad gehoor. Een van die skepe was steeds aan die brand ná die aanval.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP