Navo sal nie gou weer êrens ingryp

2011-11-01 09:28
Tweets Share Share line Print

Tripoli – Die militêre operasies wat ­Navo sowat sewe maande gelede teen die diktatuur van kol. Muammar Gaddafi begin het, het Maandag amptelik ten einde geloop.

Luidens ’n verklaring van Navo het vliegtuie van verskeie Navo-lidlande – hoofsaaklik Frankryk en Brittanje – altesaam 26 300 vlugte onderneem, waarvan 9 600 gewapen was. Bykans 6 000 teikens is gebombardeer.

Amerika het, in teenstelling met vroeëre operasies, nóg polities nóg militêr ’n leidende rol gespeel. Die politieke leiding is deur Frankryk en Brittanje geneem, wat ook die grootste militêre rol gespeel het.

Amerika se militêre rol is ná die eerste drie of vier weke hoofsaaklik beperk deur logistieke steun. Amerikaanse ten­kervliegtuie is gebruik om vliegtuie van ander lande in die lug van brandstof te voorsien, terwyl Amerika ook sy Europese bondgenote se ammunisie­tekorte gereeld aangevul het.

Dit vorm deel van pres. Barack Obama se buitelandse beleid om Amerika ’n meer beskeie internasionale rol te laat speel en ’n groter rol aan sy bondgenote oor te laat.

Die Libië-operasie het geïllustreer dat Europese state nie in staat is om ’n grootskaalse operasie van dié aard in eie krag te voer nie. Nie alleen moes Amerika die swaarste logistieke las dra nie, maar die Europese weermagte se begrotings is ernstig uitgehol, waardeur hulle op kort termyn veel meer as wat beplan is, moet besuinig.

Dit gaan ten koste van hul slaankrag. Dit is hoogs twyfelagtig of hulle op kort termyn nog ’n operasie soos dié sal kan bekostig.

Dit is waarskynlik een van die redes waarom pres. Basjir al-Assad van Sirië in die naweek die Weste uitgedaag het om die Libiese operasie teen sy land te herhaal.

Die finansiële krisis wat Europa tans teister, maak dit in elk geval uiters onwaarskynlik dat Navo op kort termyn weer op groot skaal êrens sal kan ingryp. En dus is die kans klein dat opstandelinge teen diktators soos Assad en ander op Navo se hulp kan reken.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Navorser sê... Siestog??? Intussen word one EIE mense met panga's opgekap, en ons mag nie daarop reageer nie. 'n 5 Jarige dogter is stom na die wreede moord op haar pa, maar ons moet reageer op ONWETTIGES wat in "nood" verkeer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

Discovery 2.5 TD5 ES 4x4 Dsl AT
2004
R 229,000.00

LEXUS

IS 250
2006
R 280,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.