Navo bespreek Libiese lugaanvalle
2011-06-08 15:34
Brussel - Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het Woensdag in Brussel vergader om die uitkoms van meer as twee maande se lugaanvalle in Libië te bespreek.
Die alliansie is besig om sy militêre veldtog te verskerp.
Ontploffings is deurnag gehoor in die Libiese hoofstad, Tripoli, ná 'n dag van hewige bomaanvalle.
Navo het verlede week besluit om sy lug-operasies in Libië vir 'n verdere 90 dae voort te sit.
Britse en Franse aanvalshelikopters is ingespan.
Navo-bevelvoerders het gesê Muammar Gaddafi se ondersteuners het moed verloor.
Woensdag se vergadering is daarop gemik om druk in die land te handhaaf.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- RSG