Namibië se Koperfees ontaard in dronknes
2010-11-01 12:40
Tsumeb - Die jaarlikse Koperfees op Tsumeb word elke jaar groter, maar vanjaar het die drankstalleltjie en drankverkopers die meeste aftrek gerky en die fees in ‘n riller verander.
Die Republikein berig twee afsonderlike motors wat resies gejaag het in Reinhold Shilongostraat, het langs mekaar deur twee heinings gejaag en baie skade aan eiendom aangerig.
Minstens sewe motorongelukke is aangemeld en een vrou is raakgery. ‘n Brand het in die omgewing ontstaan en volgens omstanders kon die brandweer nie die brand kom blus nie “omdat die personeel te veel gedrink het”, word vertel. Dit kon nie bevestig word nie. Heelparty messtekery het ook voorgekom.
Vir die volledige storie en foto's, besoek Die Republikein se webblad.