Namibië: Transitorowers buit R100 000, skiet wag
2010-11-03 10:32
Windhoek - 'n Veiligheidswag is tydens ‘n gewapende rooftog by 'n Spar in Khomasdal, Namibië, in die arm gewond en van ‘n geldkis met sowat N$100 000 (R100 000) in kontant beroof.
Volgens die koerant Die Republikein het twee mans die veiligheidswag van agter in die linkerarm geskiet terwyl hy besig was om kontant in die gepanserde geldwa te laai.
Volgens supt. Johan Kellerman van die Windhoekse stadspolisie was daar ander geldkiste in die geldwa, maar die rowers het net op die een kis gekonsentreer.
Lees hier meer.