Polisiebeampte aangekla oor 'bom'
2010-11-22 14:11
Windhoek – ‘n Namibiese polisiebeampte, Nehemia Shafuda (51), is Maandag aangekla vir die oortreding van die wette op lugvaart en plofstowwe ná ‘n nagemaakte bom by die Windhoek-lughawe gevind is.
Die fop-bom is verlede Woensdag in ‘n stuk bagasie by die Hosea Kutako internasionale lughawe gevind op 'n vlug op pad na Duitsland.
Shafuda is ook aangekla vir die verhindering van ‘n vliegtuig.
Sy saak is tot 9 Desember uitgestel.
Hy het nog nie gepleit nie.
Dit is nog nie duidelik waarom die nagemaakte bom op die vlug geplaas is, en of Shafuda alleen gewerk het nie.
Volg Nuus24 op Twitter.