Namibië, Mosambiek vat hande
2011-05-19 14:46
Kaapstad – Groot potensiaal bestaan vir wedersydse samewerking tussen Mosambiek en Namibië, wat ’n noemenswaardige bydrae kan lewer tot die groei van die twee lande se ekonomieë, het Republikein berig.
“Namibië is gereed om met Mosambiek saam te werk in die uitruil van kennis en ondervinding in verskeie sektore,” het pres. Hifikepunye Pohamba Woensdag tydens ’n staatsbesoek van sy eweknie uit Mosambiek in Windhoek gesê.
Pres. Armando Emilio Guebuza en ’n afvaardiging van sy land se parlement het Woensdag in Windhoek aangekom vir ’n drie dae lange besoek aan die land.
Pohamba het Mosambiek geloof vir die ekonomiese groei, wat in verskeie sektore ’n hupstoot deur beleggings gekry het.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.