Nairobi: Twee polisiebeamptes in ontploffing betrokke
2010-12-04 01:46
Nairobi – Twee polisiebeamptes is beseer nadat hul voertuig in Kenia in 'n ontploffing betrokke was, het ‘n beampte gesê.
Dit is nog nie duidelik of daar enige sterftes was nie, maar daar was ten minste twee beamptes in die voertuig.
Volgens Francis Mburu, Nairobi se provinsiale administratiewe kommandeur, het ‘n man ‘n granaat of ‘n plofbare toestel in die polisievoertuig gegooi, waarna dit ontplof het.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters