Nadoodse ondersoek van Zim-weermaghoof gestop
2011-10-21 22:04
Harare – Zimbabwiese polisie het die ondersoek na die dood van Solomon Mujuru, die voormalige weermaghoof, tydens ‘n brand by sy huis, gestop en wag nou vir die bevindinge van ‘n doodsondersoek, het die media Vrydag berig.
“Net soos vir enige Zimbabwiër, is dit die normale prosedure (‘n nadoodse ondersoek) wat gevolg moet word. Ek kan niks anders oor die ondersoek sê nie,” het Augustine Chihuri, die polisie kommissaris-generaal, aan The Herald gesê.
Volgens die koerant het die polisie meer as 23 mense ondervra tydens die ondersoek, insluitende drie polisiebeamptes wat by Mujuru se plaashuis in Beatrice, suid van Harare, wag gestaan het toe die brand begin het.
Lede van die parlement, insluitent Mujuru se weduweë wie ook Zimbabwe se adjunkpresident is, het ‘n ondersoek na sy dood geëis.
Mujuru was die bevelvoerder van Zimbabwe se vryheidsvegters en die land se eerste weermagbevelvoerder sedert die land onafhanklikheid gekry het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP